Die Spanjaard, Paula Badosa, het vir die eerste keer in haar loopbaan gevorder na die halfeindstryd van ‘n Grand Slam toernooi.

Bodaso het vanoggend teen die derde gekeurde Amerikaner, Coco Gauff, te staan gekom in die kwarteindronde en haar in skoon stelle, met 7-5 en 6-4 verslaan.

Sy word sodoende die eerste Spaanse vrou om ‘n halfeindronde te haal van ‘n Grand Slam sedert Garbine Muguruza in 2020.

Intussen is die tweede gekeerde mansspeler, Alexander Zverev, ook deur na die halfeindronde ná hy vir Tommy Paul van Amerika met 7-6, 7-6, 2-6 en 6-1 verslaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×