TENNIS – Hy sou graag seker bietjie langer in Florida wou vertoef maar Andy Murray moes sy tasse pak terug huistoe nadat hy in die 1ste ronde by die Miami Ope uitgeskakel is.

’n Duidelik teleurgestelde Murray wat reeds 2 keer diè toernooi gewen het, het teen Dusan Lajovic te staan gekom waar die Serwiër die Skot uitoorlê het in 2 skoon stelle. Die telling was 6 – 4 en 7 – 5.

In die dames afdeling het Emma Raducanu ook gestruikel toe sy teen Bianca Andreescu die onderspit moes delf.

Radacanu en Andreescu wat ook alreeds Amerikaanse Ope kampioene was het mekaar fyn dopgehou in ’n wedstryd wat Andreescu met 6 – 3 , 3 – 6 en 6 – 2 gewen het en kom nou in die 2de ronde teen die 7de gekeurde Maria Sakkari  te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×