TENNIS – Die Spaanse tennislegende Rafael Nadal gaan in Januarie sy terugkeer tot die baan maak by die Australiese Ope.

Die 37-jarige Nadal was lank buite aksie nadat hy vroeër vanjaar in Melbourne sy heup beseer het en ’n operasie moes ondergaan.

Rafa het die Australiese Ope reeds 2 keer gewen en was ook die 2022 kampioen nadat hy Daniil Medvedev in die eindstryd kon troef en het ook die 1ste mansspeler in die moderne era geword om ’n agterstand van 2 stelle uit te wis om met die louere te kon wegstap.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×