Spanje se ikoniese tennisspeler Rafael Nadal het sy besluit aangekondig om op die ouderdom van 38 uit die sport te tree ná volgende maand se Davisbeker-eindstryd.
Nadal, ‘n 22-malige Grand Slam-wenner wat bekend is vir sy oorheersing op Europa se kleibane en sy wedywering op die baan met Roger Federer, het gesê hy sal sy laaste wedstryd in November se Davisbeker speel.
“Dit was ‘n paar moeilike jare, veral hierdie laaste twee,” het die Spaanse ster in ‘n video gesê, met verwysing na laasgenoemde, beseringsgeteisterde jare van sy loopbaan. “Ek dink nie ek kon sonder beperkings speel nie.”