TENNIS – Die 4de gekeurde vroue speler Elena Rybakina is sterk oppad na haar 2de Wimbledon titel na ‘n  maklike oorwinning in haar kwarteindronde wedstryd teen Elina Svitolina.

Rybakina het slegs ’n uur benodig om die 21ste gekeurde  Svitolina met 6 – 3 en 6 – 2 uit te skakel en ontmoet Barbora Krejcikova Donderdagmiddag in die laaste ronde van 4 terwyl die Italianer Jasmine Paolini haar droomweek sal wil voortsit wanneer sy ook teen Donna Vekic op die hoofbaan om 14:30 (SA Tyd) gaan uitstap.

*In die mans se halfeindronde sal Paolini se landgenoot Lorenzo Musetti Vrydag teen Novak Djokovic te staan kom terwyl die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz die onvoorspelbare Daniil Medvedev sal moet tem as  hy weer die trofee omhoog wil lig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×