TENNIS: Lloyd Harris se segetog op die grasbaan het tot ’n einde gekom nadat hy in die 2de ronde teen ‘n Briste kwalifiseerder Charles Broom in die Rhothesay Ope vasgeval het.
Harris wat in sy 7de grasbaan-toernooi in die laaste 2 weke gespeel het se linkerbeen was verbind gewees en Broom – nommer 283 in die wêreld – het Lloyd laat werk vir elke punt en uteindelik met 7 – 6 , 2 – 6 en 6 – 4 gewen.
*Suid-Afrika se tienerspan was ook in aksie teen Zimbabwe en het sy laaste groepwedstryd in die Billie Jean Kingbeker- toernooi in die Afrika Groep III-toernooi in Nairobi met 2 – 1 gewen. Die drie groepwenners sal nou meeding vir die enkele promosieplek wat op die spel is.