TENNIS    Suid-Afrika se vrouespan sal ook met 4 tieners aan die Billie Jean / Afrika Groep II toernooi saam met 10 ander lande in Portugal meeding.

S.A. se top speler Bella Kruger wat ook vir die 1ste keer hier in aksie gaan wees sal saam met Suzanie Pretorius en die 16-jarige Mari-Louise van Zyl ook poog om die land se vlag trots te laat wapper.

Die jonge van Zyl was ook verlede jaar die o.16 kampioen in die S.A. junior kampioenskappe in Bloemfontein.  

Naledi Manyube wat ook saamreis was ook een van die spelers wat laasjaar in die Groep III toernooi in Skopje in Noord-Masedonië in aksie was.

Diè kleibaan toernooi duur van 11 tot 15 April.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×