Die wêreld se voorste vroue speler Aryna Sabalenka is aangewys as die WTA se Speler van die Jaar.
Sabalenka het vier titels vanjaar verower wat die Australiese- en Amerikaanse-ope Grand Slam titels insluit.
Diè 26-jarige kon ook titels inpalm by die Cincinnati- en Wuhan-ope toernooie.
Verder het Sabalenka in Oktober ‘n einde gebring aan Iga Swiatek se greep in die eerste plek op die wêreld ranglys waar sy vir 11-maande bo-aan diè lys spandeer het.