Die wêreld se nommer twee vrouetennisspeler, Aryna Sabalenka, is deur na die eindstryd van die Amerikaanse Ope.
Sabalenka het Emma Navarro sowel as ‘n partydige skare geklop om een oorwinning weg te skuif van haar derde Grand Slam-titel.
Die dubbele Australiese Ope-kampioen, Sabalenka, het oor die 13de gekeurde Amerikaner met 6-3, 7-6 geseëvier.
Sy sal nou in Saterdag se eindstryd teen óf Jessica Pegula van die Verenigde State óf die Tsjeggiese Republiek se Karolina Muchova te staan kom.