Die verdedigende Australiese Ope kampioen Aryna Sabalenka is deur na die halfeindstryd van die eerste Grand Slam van die jaar.

Sabalenka  wat ook die topgekeurde vrou in Melbourne is het Dinsdag vir Anastasia Pavlyuchenkova in drie stelle met 6 – 2 , 2 – 6 en 6 – 3 geklop.

Sabalenka sal Donderdagoggend in die eerste halfeindstryd teen Paula Badosa te staan kom wat Coco Gauff in twee skoon stelle gestuit het.

Die laaste twee kwarteindstryd wedstryde sal Woensdagoggend beslis word met Madison Keys wat teen Elina Svitolina sake sal uitspook terwyl Emma Navarro die tweede gekeurde Iga Swiatek gaan aanvat.

In die mans afdeling het Novak Djokovic nog ’n tree nader gekruip om sy droom van ‘n 11de Australiese en 25ste Grand Slam titel te verwesenlik nadat hy met Carlos Alcaraz in vier stelle kon afreken.

In die laaste twee kwarteindrondes speel Ben Shelton teen Lorenzo Sonego terwyl die verdedigende manskampioen Jannik Sinner teen Alex de Minaur sal meeding vir ’n plek in die laaste ronde van vier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×