Die seun van ‘n oud-Grand Slam kampioen het ‘n uitnodiging ontvang om aan die kwalifiserende toernooi vir volgende maand se Australiese Ope deel te neem.

Die 16-jarige Cruz Hewitt, ontvang die uitnodiging byna drie dekades na sy pa, Lleyton, vir die eerste keer ‘n uitnodig ontvang het.

Lleyton het met sy eerste verskyning by die Australiese Ope, in 1997, in die eerste ronde uitgeval, maar die Australiër se beste vertoning by die toernooi kom in 2005, toe hy die eindstryd gehaal het.

Hy kon wel die Amerikaanse Ope wen in 2001, en by Wimbledon seëvier in 2002.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×