Die voormalige wêreld-nommer-een-tennisspeler, Simona Halep, het aangekondig dat sy haar deelname aan die 2025 Australiese Ope moet kanselleer.
News24 berig dat dit as gevolg van knie- en skouerbeserings is.
Hierdie besluit volg ná haar onlangse deelname aan die Wêreld-tennisliga in Abu Dhabi, waar sy weer pyn ervaar het.
Halep, wat onlangs ‘n skorsing afgehandel het weens die gebruik van verbode middels, beplan nou om haar seisoen later by die Cluj-toernooi in Roemenië te hervat.
Die toernooi sal in Februarie 2025 plaasvind.
Sy het op sosiale media haar spyt uitgespreek oor haar afwesigheid en haar dank aan die organiseerders vir hul begrip. Hierdie skuif is bedoel om haar volle herstel te verseker.