Jannik Sinner het ‘n perfekte groeprondeveldtog afgesluit met ‘n oorwinning oor die Rus, Daniil Medvedev, by die ATP-jaareintoernooi in Turin.
Sinner het ‘n uur en 13 minute nodig gehad om ‘n 6-3 en 6-4 oorwinning in te palm, en sodoende Medvedev uit te skakel.
Die Amerikaner Taylor Fritz het saam met Sinner gevorder na die halfeindstryd, na hy teruggeveg het om die Australiër Alex de Minaur met 5-7, 6-4 en 6-3 te klop.
Die tweede en derde gekeurde Alexander Zverev en Carlos Alcaraz sal vandag ontmoet in hulle laaste groeprondewedstryd, met Alcaraz wat met skoon stelle sal moet wen om ‘n kans te staan om deur te dring na die halfeindrondes.
Casper Ruud en Andrey Rublev speel om 21:30 Vrydagaand.