TENNIS – Die Italianer Jannik Sinner is ook gister as die nuwe mans kampioen in die Australiese Ope gekroon toe hy die Rus Daniil Medvedev in die Rod Laver-arena in Melbourne geklop het.

Sinner wat Novak Djokovic se doppie in die halfeindronde geklink het, het ’n terugvegpoging geloods om Medvedev in 5 stelle te kon troef. Die telling was 3 – 6 , 3 – 6 , 6 – 4 , 6 – 4 en 6 – 3.

Die 22-jarige het ook met diè oorwinning die jongste speler sedert Djokovic in 2008 geword om met diè Grand Slam titel te kon wegstap.

*In die vroue eindstryd wat Saterdag afgehandel is het die verdedigende kampioen Aryna Sabalenka die 12de gekeurde Qinwen Zheng baie maklik met 6 – 3 en 6 – 2 uitoorlê.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×