Die Italiaanse tennisspeler, Jannik Sinner, sal 2024 afsluit as die beste mansspeler in die wêreld.
Die 23-jarige het Maandag, op sy eerste rusdag, die gesogte trofee ontvang en is die eerste Italianer om die jaar bo op ATP se ranglys af te sluit.
Sinner het ‘n kontroversiële jaar gehad, waar hy vroeër vanjaar positief getoets het vir die steroïde, clostebol.
Hy was aanvanklik vrygespreek deur die integriteit agentskap vir Internasionale Tennis, maar die wêreldagentskap teen die gebruik van dwelms het einde September appelleer teen die beslissing en versoek dat Sinner vir twee jaar geskors word.