TENNIS – Jannik Sinner het ook Sondag sy 4de ATP titel gewen nadat hy Danill Medvedev in Wene uitgestof het. Die telling was 7 – 6 , 4 – 6 en 6 – 3.
Dit is ook die Italianer se 2de oorwinning in 3 weke oor Medvedev waar hy hom ook in Beijing met die kous oor die kop huistoe kon stuur.
Sinner en Medvedev is ook in die loting vir die Meesterstoernooi wat diè week in Parys begin terwyl albei ook reeds vir die ATP-jaareindtoer in Turyn gekwalifiseer het.