TENNIS – Jannik Sinner is ook deur na die eindstryd van die China Ope na nog ’n sege oor 1ste gekeurde Carlos Alcaraz.
Sinner wat nou reeds 4 van die laaste 7 wedstryde tussen hulle gewen het, het die 2023 Wimbledon kampioen met 7 – 6 en 6 – 1 uitgeskakel.
Die 6de gekeurde Italianer speel later vanmiddag teen Daniil Medvedev in die eindstryd wat op sy beurt ook met die 8ste gekeurde Alexander Zverev afgereken het in 2 skoon stelle.