Die Suid-Afrikaanse mans tennisspan het hulle plek vasgemaak in ‘n Davis-beker groep twee wedstryd nadat hulle die afgelope naweek vir Nigerië met 3-1 geklop het.
Sake was gelyk 1 – 1 na Saterdag se wedstryde by die Groenkloof Tennisklub in Pretoria met die Suid-Afrikaners wat uiteindelik met 3 – 1 kon seëvier na hulle die dubbelspel en enkelspel kon wen.
Philip Henning en Alec Benkley het vir Canice en Michael Emmanuel met 6 – 0 en 6 – 3 geklop voor Henning weer in aksie was en terug geveg het om vir Cristopher Bulus met 6 – 7, 6 – 4 en 6 – 4 uit te stof.
Span Suid-Afrika sal in September weer in aksie wees.