TENNIS – Die kaptein van Suid-Korea se Davis Beker tennisspan – Park Seung-kyu –  was sprakeloos nadat sy span ’n agterstand van 2 – 0 uitgewis het om ’n beroemde oorwinning oor België Sondag in diè toernooi te behaal het om sodoende deur te dring na die groepfase in die mans afdeling later vanjaar.

Die dubbels kombinasie van Nam Ji-sung en Song Ming-kiy het die terugvegpoging begin deur Sander Gille en Joran Vliegen in 2 valbylstelle te klop waarna Kwon Soon-woo in sy enkelspel wedstryd teen David Goffin in 3 stelle sake gelyk gemaak het met 2 – 2.

Die wêreld nommer 240 Hong Seong-chan het toe daarna in die laaste wedstryd die haas uit die hoed gepluk en Zizou Bergs met 6 – 3 en 7 – 6 uitgeskakel. Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis dat Suid-Korea ’n agterstand van 2 wedstryde in ’n Davis Beker-toernooi kon uitwis om met die louere weg te stap.

Suid-Korea sal nou saam met 11 ander lande sowel as die 2022 kampioen Kanada , die naaswenner Australië asook Spanje en Italië wat as promotors keuses ingesluit is in die groepfase meeding wat van 12 tot 17 September plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×