Die Wêreld se nommer twee tennisspeler, Iga Swiatek, het ingestem tot ‘n skorsing van een maand nadat sy positief getoets het vir die verbode hartmedikasie trimetazidien.
Die positiewe toets was in Augustus tydens ‘n buite-kompetisie-steekproef toe die Poolse ster nommer een in die wêreld was.
Die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap het vasgestel die positiewe resultaat spruit uit die middel wat in ‘n gereguleerde oor-die-toonbank-melatonienaanvulling was, wat Swiatek vir vlugvooshuis en slaapprobleme gebruik het.
Swiatek se samewerking met die integriteitsagentskap se bevindinge oor die gebruik van die middel het tot die verminderde straf gelei.