TENNIS – Die wêreld nommer een Iga Swiatek het haar 3de Grand Slam titel ingepalm toe sy die 5de gekeurde Ons Jabeur in 2 skoon stelle in die dames eindstryd van die Amerikaanse Ope geklop het.
Die 21-jarige Swiatek het in ‘n wedstryd wat net minder as 2 ure geduur het met 6 – 2 en 7 – 6 teen Jabeur geseëvier en sodoende haar 10de agtereenvolgende oorwinning in ‘n finaal behaal en ook met die wennerstjek van $2.6 miljoen weggestap.
In die mans finaal was die 19-jarige Spanjaard Carlos Alcaraz ook net te goed vir Casper Ruud en het die wedstryd in 4 stelle beklink.
Diè 2 spelers het vir ‘n perfekte afsluiting van diè jaar se laaste Grand Slam toernooi gesorg en het met skitter spel gewys dat die nuwe generasie van beroepspelers uit die skadu beweeg het van die sogenaamde Big 3 naamlik Rafael Nadal, Novak Djokovic en Roger Federer.