Die wêreld se naasbeste vrouetennisspeler, Iga Swiatek, is uitgeskakel uit die Women’s Tennis Association (WTA)-jaareindtoernooi.

Dit beteken dat ‘n nuwe kampioen vanjaar gekroon sal word.

Swiatek het versuim om dit verby die groep rondes te maak nadat Barbora Krejcikova Donderdag vir Coco Gauff met 7-5 en 6-4 verslaan het.

Swiatek het Dinsdag teen Gauff vasgeval, wat haar lot uiteindelik bepaal het.

Krejcikova sal in die halfeindrondes teen Zheng Qinwen te staan kom, terwyl Gauff teen die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka, te staan kom.

error: Inhoud is beskerm !!