TENNIS: Iga Swiatek het die Italiaanse Ope in Rome gewen nadat sy Aryna Sabalenka met 6 – 2 en 6 – 3 uit die pad gevee het in die eindstryd vir haar derde Foro Italico – titel.
Swiatek, die wêreld se nommer-een-speler, het gemaklik klaargespeel met die tweede-gekeurde Sabalenka in die laaste groot toernooi voor sy haar Franse Ope-titel verdedig.
Sy het voor ‘n volgepakte hoofbaanskare haar 12de agtereenvolgende wedstryd op klei ingepalm en die eerste vrou sedert Serena Williams in 2013 geword om Madrid én Rome in dieselfde seisoen te wen.
*In die mans afdeling het die 3de gekeurde Alexander Zverev met die titel weggestap nadat hy die 21ste Nicolas Jarry in 2 skoon stelle kon troef. Die telling was 6 – 4 en 7 – 5.