Die Amerikaanse tennisspeler Taylor Fritz het beloof om sy eersteronde-prysgeld van $ 82 000 te skenk vir die slagoffers van die Los Angeles-brande.

Diè gebaar kom na hy vir Cristian Garin in drie skoon stelle in die Australiese Ope geklop het.

Volgens die 27-jarige wat tans in Suid-Kalifornië woon wil hy net hê almal moet veilig wees en dit is gek wat in Los Angeles gebeur het.

Intussen het Fritz se landgenoot Madison Keys het intussen ook $ 20 000 aan Los Angeles se brandweerdiens geskenk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×