TENNIS – Die eerste Grand Slam toernooi van die jaar het op ‘n positiewe noot begin vir die top gekeurdes by die Australiese Ope.

Die wêreld nommer 5 Rafael Nadal het die Amerikaner Marcos Giron in 3 skoon stelle uitgestof terwyl die 1ste gekeurde vrouespeler Ashleigh Barty ook geen moeite ondervind het om Lesia Tsurenko met 6 – 0 en 6 – 1 te klop nie.

Die Suid-Afrikaners Lloyd Harris en Kevin Anderson se titel drome is egter aan flarde geruk nadat hulle onderskeidelik deur die ongekeurde Aussie Aleksandar Vukic en 23ste gekeurde Reilly Opelka van Amerika uitgeskakel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×