TENNIS  – Rafael Nadal het sy segetog voortgesit nadat hy sy goeie vriend Richard Gasquest in 3 skoon stelle uitgeskakel het. Rafa sal nou teen die 22ste gekeurde Frances Tiafoe te staan kom vir ‘n plek in die kwarteindronde.

Carlos Alcaraz wat in 2021 ook deurgedring het na die laaste 8  ontmoet die 2014 kampioen Marin Celic terwyl die vonke (en woorde) gaan spat wanneer die wêreld se twee mees uitgesproke spelers Daniil Medvedev en Nick Kyrgios mekaar ook in die kwareindronde gaan laat les opsê.

Onder die topgekeurde dames sal Ons Jabeur en Veronica Kudermetova mekaar aanvat terwyl die 1ste gekeurde Iga Swiatek op haar beurt teen Jule Niemeier sake sal uitspook.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×