TENNIS – Ronde nommer 4 van die Franse Ope het goeie tennis opgedis met die gekeurde spelers wat ook gekwalifiseer het vir die kwarteinronde.

Onder die vroue het die 7de gekeurde Ons Jabeur vir Bernarda Pera met 6 – 3 en 6 – 1 geklop terwyl die 1ste gekeurde Iga Swiatek ’n oorloop teen Lesia Tsurenko gehad het met die telling op 5 – 1 in die 1ste stel nadat Tsurenko ongesteld geraak het.

In die mans afdeling is die 4de gekeurde Casper Ruud ook deur na die laaste 8 nadat hy Nicolas Jarry uitgestof het terwyl nommer 6 Holger Rune Francisco Cerundolo se Grand Slam droom tot ’n einde gebring het in 5 taai stelle.

Die nommer 1 en 3 in die wêreld Carlos Alcaraz en Novak Djokovic is reeds deur na die kwarteindronde en speel later vanoggend onderskeidelik teen die 5de gekeurde Stefanos Tsitsipas en nommer 11 Karen Khachanov waar die vuurwerke ook behoorlik gaan spat.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×