TENNIS – Met die eerste week  die Australiese Ope wat afgehandel is het nog top gekeurdes uit die toernooi gegly.

Die 1ste gekeurde Iga Świątek  is deur die 2022 Wimbledon Elana Rybakina baie maklik met 6 – 4 en 6 – 4 uitgeskakel. Rybakina was in skitterende vorm en het 80% van haar punte op die eerste afslaan gewen terwyl Świątek met net 57% op beide haar 1ste en 2de afslane kon antwoord.

Die nommer 3 Stefanos Tsitsipas was ook in ’n titaniese stryd gewikkel teen Jannik Sinner. Tsitsipas het deur die 1ste 2 stelle gevlieg maar daarna sy voet van die pedaal afgehaal en Sinner kans gegee om terug te kom waar hy die 3de  en 4de stelle kon inpalm. Tsitsipas het egter daarna oorgeskakel na ’n volgende rat en die wedstryd in die finale stel met 6 – 3 te beklink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×