TENNIS – Stefanos Tsitsipas se voorbereiding vir Wimbledon het ietwat van ’n terugslag beleef toe hy in die Halle grasbaan-toernooi in Duitsland in die laaste ronde van 16 deur Nicolas Jarry uitgeskakel is.

Tsitsipas – wêreld nommer 5 – is die deur die 28ste gekeurde Jarry met 7 – 6 en 7 – 5 uitgestof waar dit ook sy 3de agtereenvolgende keer was dat hy in die 2de ronde van diè Wimbledon opwarmingstoernooi uitgeknikker word.

Die plaaslike gunsteling Alexander Zverev het die tuisskare aan sy kant gehad toe hy die Kanadees Dennis Shapovalov in skoon stelle getroef het en sal nou teen die einste Jarry te staan kom.

Die omstrede Russiese speler Daniil Medvedev het darem ook sy plek in die laaste 8 bespreek toe hy die Serwiër Laslo Djere in 3 stelle gestop het. Die telling was 6 – 3 , 6 – 7 en 6 – 3.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×