TENNIS – Die top gekeurde Stefanos Tsitsipas het net bietjie meer as ‘n uur nodig gehad om na die kwarteindronde deur te dring in die  ABN Amro wêreld tennistoernooi in Rotterdam.

Die 23-jarige Griek het Ilya Ivashka met 6 – 4 en 6 – 1 uitgestof om sy plek in die laaste vier te bespreek en sal nou teen die Alex de Minaur te staan kom.

Die tweede gekeurde en verdedigende kampioen Andrey Rublev het ook in 79 minute met Kwon Soon-woo afgereken terwyl Felix Auger-Aliassime die voormalige wêreld nommer 1 Andy Murray se toernooi tot ‘n einde gebring het met ‘n oorwinning van 6 – 3 en 6 – 4.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×