TENNIS – Die wêreld nommer 5 Stefanos Tsitsipas het min moeite ondervind om aan te geskuif het na die 3de ronde van die Franse Ope toe hy die kleibaan spesialis Roberto Carballes Baena in 3 skoon stelle uitgestof het.
Tsitsipas wat nog soek na sy 1ste Grand Slam titel het maklik op sy teenstander se afslaan deurgebreek en die openings stel met 6 – 3 ingepalm , die 2de in ’n valbylstel en toe afgerond met 6 – 2 in die 3de.
Novak Djokovic het Marton Fucsovics van die baan af gevee terwyl die 1ste gekeurde Carlos Alcaraz ook deur is na die volgende ronde toe hy Taro Daniel in 4 stelle die deur gewys het.
In die dames afdeling is die 5de gekeurde Caroline Garcia ook uitgeknikker nadat Anna Blinkova die wedstryd in haar skaal na 3 taai stelle kon swaai terwyl die 9de gekeurde Daria Kasatkina die guillotine vrygespring toe sy Marketa Vondrousova met 6 – 3 en 6 – 4 in haar spore kon stop.