TENNIS – Met die Australiese Ope wat oor minder as ’n maand begin is Venus Williams –  die wenner van 7 Grand Slam-titels –  ook as ’n promotors keuse genooi om in diè 1ste een van die nuwe jaar mee te ding.

Die 42-jarige Williams wat sedert haar nederlaag in die 1ste ronde van die Amerikaanse Ope nog nie weer in ’n mededigende wedstryd in aksie was nie het ook gesê dat vir haar ’n groot voorreg en eer sal wees om in Australië te speel aangesien die Aussies haar nog altyd getrou ondersteun het.

Williams wat tans buite die top 1000 op die wêreldranglys is het ook sedert sy die 2de ronde by Wimbledon gehaal het haar laaste 6 wedstryde in die WTA-reeks verloor maar is vol vertroue dat sy goed sal vaar en ook hoop om nog wonderlike herinneringe by diè toernooi te kan skep.

Die Australiese Ope begin op 16 Januarie in Melbourne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×