TENNIS – Marketa Vondrousova en Carlos Alcaraz is as die nuwe dames en mans enkelspel kampioene op die grasbane van Wimbledon gekroon.

Vondrousova is die 1ste ongekeurde speler wat in 60 jaar en slegs die 9de speler in die geskiedenis om ’n Grand Slam toernooi te wen nadat sy Ons Jabeur in ’n skok oorwinning met 6 – 4  en 6 – 4 uitgeskakel het.

In die mans afdeling het die 2 beste spelers in die wêreld die skare met puik aarbei en room tennis vermaak maar dit was uiteindelik die jong Spanjaard Alcaraz wat gewys het dat hy nog lank die kruin gaan ry nadat hy Djokovic van ‘n 8ste Wimbledon titel ontneem waar hy in 5 stelle die septer geswaai het. Die telling was 1 – 6 , 7 – 6 , 6 – 1 , 3 – 6 en 6 – 4.

 

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×