TENNIS – Dag 4 van die Australiese Ope het weereens hoogtepunte en skokke opgelewer.

Die 2de gekeurde vroue speler Ons Jabeur wat ook verlede jaar die naaswenner by Wimbledon en die Amerikaanse Ope in was het haar vasgeloop teen ’n begeesterde Markéta Vondroušová wat een van die beste wedsryde  van haar loopbaan gespeel het toe sy met 6 – 1 , 5 – 7  en 6 – 1 die knoop kon deurhak. 

In nog ’n opskudding het Katie Volynets ook die eerste ongekeurde Amerikaner geword om die 3de ronde te kon haal toe sy ook in die 3 stelle afgereken het met die 9de gekeurde Veronika Kudermetova.

Novak Djokovic het ook gewys dat hy Australië toe gekom het om tennis te speel en het Enzo Couacuad in sy spore gestuit met ‘n oorwinning in 4 stelle terwyl die veteraan en strydos Andy Murray 5 stelle benodig het om Thanasi Kokkinakis uit te skakel. Murray het agter geloop met 2 stelle maar teruggeveg en die daaropvolgende drie met 7 – 6 , 6 – 3 en 7 – 5 gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×