Die legendariese sokkerster van Uruguay, Diego Forlan, se buiging in professionele tennis het in ’n nederlaag vir diè 45-jarige doelskieter geëindig nadat hy in die dubbelspel van die Uruguaanse Ope die onderspit moes delf.

Forlan en sy dubbelsmaat Federico Coria is met 6 – 1 – en 6 – 2 deur Bolivia se Boris Arias en Federico Zeballos van die baan afgevee.

Forlan wat in sy speeldae vir Atletico Madrid, Villareal, Inter Milan en Man United menige doelwagters hoofberekens besorg het en ook vir Uruguay 36 doele in 112 wedstryde behaal het kon egter saam met spanmaat Coria net 27 punte aanteken in ’n wedstryd wat 47 minute geduur het.

Diè Challenger Tour-toernooi wat in in Montevideo gespeel word duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×