TENNIS – “8 is ’n beter nommer” – Met hierdiè boodskap op die soasiale media platform X (voorheen bekend as Twitter) het Serena Williams dit duidelik gemaak oor haar gevoel jeens die Roemeense tennisspeler Simona Halep wat weens die gebruik van verbode middels vir 4 jaar geskors is.

Halep was Williams se teenstander in 2019 toe diè Roemeen Serena in skoon stelle van die baan af gevee het en haar van ’n algehele Grand Slam rekord van 24 Major-titels en ‘n 8ste by Wimbledon ontneem.

Simona is van 2 afsonderlike oortredings aangekla nadat sy in Oktober positief getoets is en daar ook in Mei-maand “ongerymdhede in haar biologiese paspoort oftewel ABP” gevind is maar hou voet-by-stuk dat sy onskuldig is en doen nou ook regstappe teen die maatskappy wat diè aanvulling vervaardig het wat sy dan ook na bewering ingeneem het.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×