TENNIS – Die voormalige wêreld nommer een Serena Williams se sprankelende terugkeer tot die tennisbaan was kortgeknip toe haar dubbelsmaat  Ons Jabeur die handdoek moes ingooi nadat die Tunisiër ‘n knie besering by die Eastbourne toernooi opgedoen het.

Die 40-jarige Serena was vir die eerste keer weer in aksie sedert sy laasjaar  van die Wimbledon toernooi weens ‘n dyspier besering moes onttrek het en neem vanjaar as promotors keuse deel waar sy vir ‘n 24ste Grand Slam titel sal meeding.

Rosestad Sport sa jou ook daagliks op hoogte hou van die jongste uitslae vanaf Wimbledon.

Kry solank die aarbeie en room gereed vir wanneer diè gesogte grasbaan-toernooi Maandag afslaan!

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×