TENNIS – Dag 2 by die All England Club  het weer interessante dinge opgelewer met die 2021 naaswenner Matteo Berrettini wat weens Covid 19 van diè toernooi moes onttrek het.

Berrettini was diè een groot bedreiging vir die verdedigende kampioen Novak Djokovic nadat die flambojante Italianer agtereenvolgende grasbaan oorwinnings in Stuttgart en Queens behaal het.

Die 31ste gekeurde Sebastian Baez het ook deurgedring na die 2de ronde met ‘n maklike oorwinning teen Taro Daniel terwyl die Aussie stoutseun Nick Kyrgios harder moes werk vir sy sege teen Paul Jubb.

Onder die dames het die Franse Ope naaswenner Coco Gauff ook in ‘n japtrap met Elena-Gabriela Ruse afgereken terwyl die 11de gekeurde Jelena Ostapenko min moeite ondervind het om Oceane Dodin met 6 – 4 en 6 – 4 uit te skakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×