TENNIS– Met die Wimbledon toernooi wat einde se kant toe staan sal daar eerskomende Saterdag ’n nuwe vroue kampioen gekroon word.
Ons Jabeur – wat laasjaar teen Elena Rybakina vasgeval het– het egter nou die bordjies verhang in ’n skitter wedstryd wat in 3 stelle beslis is. Jabeur sal nou teen die 2de gekeurde Aryna Sabalenka te staan kom wat ook gister maklik met die Madison Keys afgereken het terwyl Elina Svitolina en Marketa Vondrousova mekaar in die ander halfeindstryd gaan pak.
In die mans halfeindronde wedstryde wat Vrydag gespeel word sal Carlos Alcaraz en Daniil Medvedev mekaar aanvat terwyl Jannik Sinner gaan probeer om Novak Djokovic te stuit wat op soek is na sy 8ste titel.