TENNIS – Terwyl haar ouma se huis onlangs deur ’n Russiese missiel getref is het ’n kwalifiseerder van die Oekraïene by vanjaar se Australiese Ope Dayana Yastremska onder al haar moeilike omstandighede uitgetroon en die 2-malige vroue kampioen Victoria Azarenka in 4de ronde uitgeskakel.
Yastremska het ook vir die 1ste keer die kwarteindronde gehaal toe sy in 2 skoon stelle gewen het met ’n telling van 7 – 6 en 6 – 4.
*In die kwarteindronde van die vroue afdeling speel Marta Kostyuk teen Coco Gauff terwyl Barbora Krejcikova teen die verdigende kampioen Aryna Sabalenka sal meeding. Woensdag pak die einste Yastremska vir Linda Noskova waarna Anna Kalinskaya en die 12de gekeurde Qinwen Zheng ook vir ’n plek in die laaste 4 sal speel.