TENNIS – Die uitgesproke wêreld nommer 9 Alexander Zverev het ook na afloop van sy nederlaag in die 1ste ronde by die Japan Ope gesê dat hy “aaklig” gespeel het na ’n pakslae deur Jordan Thompson wat 60ste op die wêredranglys is.

Zverev  wat laasmaand die Chengdu Ope in China gewen het, het egter met 6 – 3 en 6 – 4 die onderspit gedelf.

*In die  ander wedstryde het die 5de gekeurde Tommy Paul en nommer 8 Felix Auger-Alissime deurgedring  na die volgende ronde met oorwinnings oor Daniel Altmaier en Aleksandar Vukic terwyl die plaaslike gunsteling Yoshihito Nishioka ook in 3 stelle uitgeknikker was deur die Amerikaner Marcos Giron.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×