TENNIS –  Die Duitser en wêreld nommer 3 Alexander Zverev is weens onsportiewe gedrag in die Meksikaanse Ope gediskwalifiseer na sy dubbelspel wedstryd gister in Acapulco.

Zverev en sy dubbelsmaat Marcelo Melo het deurgedring na die laaste 16 maar die wedstryd in die super valbylpot verloor. Zverev het ‘n lynroep bevraagteken wat volgens hom in was maar die skeidsregter het die punt aan hulle opponente toegeken waarna hy met gekruide taal losgetrek het.

Die omgekrapte Duitser het gevaarlik naby daaraan gekom om die beampte met sy raket raak te slaan en ook herhaaldelik sy frustrasie op die skeidsregterstoel uitgehaal terwyl die woorde bly vlieg het. Die skeidsregter het kalm onder die omstandighede gebly en kon eindelaas koers kies na die kleedkamers.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×