RUGBY– Die Toyota Cheetahs wat Saterdag in die eindstryd van die Curriebeker-reeks speel het ook nog baie goeie nuus ontvang en dit is dat die ervare Ruan Pienaar sy kontrak by diè unie met nog ’n jaar verleng het.

Die 39-jarige Pienaar se termyn sou einde Oktober verstryk maar afrigter Hawies Fourie het bevestig dat hy nog 12 maande vir die Oranje masjien beskikbaar sal wees waar hy ook ’n ondersteuende rol gaan speel vir kaptein Victor Sekekete en ook nog steeds ewe gemaklik op nommer 9 en 10 vir die Vrystaters diens sal doen.

Met die Curriebeker gees wat nou behoorlik begin vlamvat sal die Cheetahs ook môre hul begin 15-tal vir die einsdstryd bekend maak.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×