Terry Tselane is opmisties oor die OVK se vermoë met die munisipale verkiesing

Die voormalige adjunkvoorsitter van die Verkiesingskommissie, Terry Tselane, sê hy is opmisties oor die OVK se vermoë om vanjaar nog die munisipale verkiesing te hou.

Die OVK het gister aangekondig dat kieser- en kandidaatregistrasie in September sal heropen.

Dit kom nadat die Grondwet Hof verlede week die OVK se aansoek om die verkiesing weens die coronaviruspandemie tot aanstaande jaar uit te stel, van die hand gewys het.

Tselane, nou die voorsitter van die Instituut vir Verkiesingsbestuursdienste in Afrika, sê hoewel dit moeilik gaan wees, het die OVK die infrastruktuur en personeel om ‘n suksesvolle verkiesing voor 1 November hou.

Die nuwe verkiesingsdatum sal na verwagting op 20 September aangekondig word.

Luister na potgooie hieronder