Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, sê voorleggings van die regering se studentefondsskema, is deurspek met inligting wat volgens Outa onakkuraat of oneerlik is.

Die Nasionale Studentefondshulpskema het verlede week sy doen en late aan die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys probeer verduidelik.

Die skema staan onder meer in versuim met die verstrekking van name van sy verskaffers se subkontrakteurs.

Daar is ook geen terugvoer gegee oor peperduur transaksiefooie nie.

Uitbetalings wat laat, of glad nie, gedoen word nie, asook die voortslepende omstredenheid oor geld vir studenteverblyf sal breedvoerig deur die skema aan die komitee verduidelik moet word.

Die komitee wil ook weet presies hoeveel studente het wel geld ontvang, en hoeveel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×