Terwyl die meeste salaristrekkers feitlik gedwing word om op die ouderdom van 65 af te tree, blyk daar geen perk vir leiers van wêreldmoonthede te wees nie.

Teen die ouderdom van 80 is baie bejaardes steeds fluks en aan die gang, maar sal hulle waarskynlik meer as net ‘n bietjie oorweldig voel indien hulle aan die stuur van ‘n land sou moes staan.

President Joe Biden van Amerika, is dié wêreldmoontheid se oudste president nog.

Biden vier op 20 November sy 80ste verjaarsdag.

Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, het gesê sy glo dat Biden die beste doen wat hy kan.

Oudpresident Jacob Zuma, wie onlangs weer tot die politiek toegetree het, en Biden is karperde, met Zuma wat in April sy 80ste gevier het.

President Cyril Ramaphosa word Donderdag 70.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×