Die Menseregtekommissie, of MRK, het gesê hy steun inisiatiewe wat diversiteit en inklusiwiteit bevorder, veral in skole.
Volgens die MRK is daar geen bewyse dat genderneutrale kleedkamers enige gevaar vir die veiligheid of emosionele welstand van leerlinge inhou nie.
Maroela Media berig talle ouers het met woede gereageer op voorgestelde nuwe riglyne van die departement van basiese onderwys.
‘n Oud-onderwyser het aan Rosestad100.6FM-nuus gesê sy glo hierdie stap kan die deur oopmaak vir moontlike seksuele teistering en ook vir onwelvoeglike gedrag.
‘n Graad 10-leerling van ‘n gemengde hoërskool in Bloemfontein het gesê sy sal baie selfbewus voel om kleedkamers met seuns te deel, en glo ook dat die seuns se kleedkamers nie so skoon soos die van meisies s’n is nie.
‘n Petisie téén die gebruik van genderneutrale kleedkamers by skole is nou reeds deur byna 95 000 mense onderteken.