Terwyl die slag van lewendehawe in ‘n woongebied slegs gedoen mag word wanneer die slagter in besit van ‘n geldige permit is, is inwoners van Bloemfontein nie gestuit om die afgelope naweek ‘n wildsbok op die Emily Hobhouse-eiland te slag nie. Dit is onbekend waar die wildsbok wat afgeslag is vandaan kom en die slagtery het inwoners van dié gedeelte van Dan Pienaar erg ontstig. ‘n Ontstoke inwoner wou weet wie die gemors gaan skoonmaak en het bygevoeg dat dit onhigiënies is. Herman Lombaard van National Crime Assist het gesê dit lyk asof hierdie ‘n tendens is wat aan die toeneem is. Hy het gesê wanneer permitte wel uitgereik word is daar streng voorskriftelike bepalings wat nagevolg moet word. Daar moet ondermeer ‘n oop-drein op die perseel wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×