Terwyl staatsdiensvakbonde dreig om die hele land tot stilstand te ruk weens ontevredenheid oor voorgestelde verhogings, moet die Nasionale Tesourie vandag nog op hulle eise reageer.

Die Vereniging vir Staatsamptenare en die gesondheidswerkersvakbond, HOSPERSA, het verlede week ‘n memorandum met hul eise by die Nasionale Tesourie ingedien met ‘n spertyd van een week wat vandag ten einde loop.

Die twee vakbonde doen ‘n beroep op die regering om die 2018 driejaar-loonooreenkoms na te kom.

Staatsamptenare eis ‘n 10% verhoging en ook die voortsetting van ‘n kontanttoelaag van R1 000 na Maart 2023.

Intussen sou die 3%-verhoging wat deur die regering aangebied is, reeds Dinsdag in werking getree het.

Die regering hou vol dat hy nie sy aanbod van 3% kan oorskry nie.

Staatsdiensvakbonde het gewaarsku teen grootskaalse ontwrigting vir die hele land, sou die regering hul eise weier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×