Die Nasionale Tesourie sê die koste van die laaste twee begrotings was nie vrugtelose of onnodige uitgawes nie.

Eyewitness News berig sowat R2,4 miljoen is aan Februarie se begroting bestee, wat later laat vaar is.

Minister Enoch Godongwana het intussen vrae van die EFF in die Parlement ontvang oor of daardie geld teruggevorder kan word.

Die Tesourie beplan om vir die volgende begroting in Mei koste te bespaar deur minder dokumente te druk en sommige net elektronies beskikbaar te stel.

Die begrotingskoste hou hoofsaaklik verband met reis, verblyf en advertensies.

Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê hulle sal ook die konsultasieproses verander om toekomstige begrotings goedkoper en doeltreffender aan te bied.

error: Inhoud is beskerm !!